vrou

wanneer het jy verseisoen
van jongeling na vrou
hoe het drome verkleur
reenboogbont na vaalgrou

wat het met jou lyf gebeur
sag soepel sexy sereen
neutbruin, nou sans kleur
waar is die jy dan heen...

jou drif se drang is droog
soos n tolbos in die Karoo
rollend op asem van wind
niks waarop hoop kan glo

kraaispoor en velvlek bejas
peperhaar gepigment dor
motbolle in glansrok se kas
redeloos, nie n enkele mor

herfs bring blaargooi seisoen
skud af die swaar abba-las
nuwe blaargroei sal dit doen
laat Gister agter in eie reistas

wanneer het jy verseisoen
van vrou na oumensvleis
het leef dit aan jou kom doen
op jou vreemde lewensreis

oudag bring retrospeksie mee
jy sal met bingo, eet en slaap
laaste skof se asem-bydrae gee
hopend dood kom jou vinnig kaap

EMH~CR
Feb 2012

Kere Gelees: 15

Lewer Kommentaar

Kommentaar op die Werkstuk

Besonders.
Melancholie goed verwoord.
Die seisoene van ons wees.

"van jongeling na vrou
hoe het drome verkleur
reenboogbont na vaalgrou".....Sjoe!

dankie Nella... ek so hartseer omdat dit so stil is hier...xxx

Ek mis almal wat altyd saam met my gekwetter het. Dis seerhart.

Die seisoene van die lewe en eindelike verganklikheid en verval treffend uitgebeeld en verwoord.

Baie dankie vir jou kommentaar /insette...ek waardeer dit innig x

Reëls en Inligting

Slegs 2 werkstukke per kategorie word per lid per dag toegelaat.

 

Vir inligting oor hoe om jou e-pos te beheer, gaan na “Webwerf Hulp” onder “Oor Ons”.

 

Besoek gerus die Kletskamer deur op die "Kletskamer" sub-afdeling onder "My Profielblad" te kliek.

Bestel boeke hier

© 2012   Geskep deur Msbs.

.  |  Rapporteer 'n Probleem  |  Terms of Service